Boodskap vir Vandag

Search

God is by ons

Toe Jesus verbyloop het Johannes stip na Hom gekyk en gesê: “Daar is die Lam van God” (Johannes 1:36).

Tereg het ons gister verneem dat ons lewe as gelowiges deel van ’n unieke en merkwaardige stuk geskiedenis is – God se heilsgeskiedenis.

Ons beweeg tans die eerste week binne van wat tradisoneel in hierdie geskiedenis as epifanie bekend staan. In Grieks beteken dit letterlik: Godsverskyning.

Tydens die tyd van epifanie word ons genooi om spesifiek na te dink oor die verskyning van God in die persoon van die mens, Jesus van Nasaret. Ja, dit self te vier, soos wat die kerk al sedert die sewende eeu aan die begin van elke nuwe jaar doen.

En inderdaad mág ons dit maar vier. Want epifanie verkondig die ongelooflike waarheid dat God – die God wat hemel en aarde gemaak het – nie langer onbekend of afwesig is nie. Sedert Jesus se koms mag ons weet: God is nou hier, tússen ons, bý ons, óm ons, téén ons.

Presies soos wat Jesus destyds by ons was.

In dié week se teks is dit die groot ontdekking van Jesus se dissipels: hoe die Gees van God self in Jesus as Messias sigbaar geword het. Sodat Johannes kon uittoep: “Daar is die lam van God!” (Joh 1:33). En Andreas en Filippus later met vonkelende oë kon getuig: “Ons het Hom gekry …” (Joh 1:41,45)

Wat dié belydenis alles beteken het, sou later veel duideliker word.

Here God, dankie dat U vandag steeds onder ons woon en werk. Dit is ons troos, dit bly ons hoop. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed