Boodskap vir Vandag

Search

God ontmoet ons in die ander

So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God (Efesiërs 4:13).

Nog ‘n plek waar volgens die Bybel die God van Christus bekend word, is deur ander mense – spesifiek hulle wat ons pad kruis en ons nodig het.

Duidelik sê Jesus dit in Matteus 25:31-46 – waar ons barmhartigheid aan die hongeriges, die beklemdes en die siekes bewys, is dit so goed of ons dit aan Jesus persoonlik doen. Die filosoof, AE Loen, sê tereg dat hierdie uitspraak van Jesus dit vir ons byna prakties onmoontlik maak om die God van die armes op die paaie van die lewe te ontduik.

Want telkens tree God ons tegemoet en vra van ons ‘n antwoord in die aansprake van ons noodbehoewende naaste. Wat ‘n ontsettende gedagte!

Maar God tree ons ook tegemoet in hulle wat ons raadgee en op die lewenspad ondersteun – my broer en suster in die geloof. Hulle wat hulleself één met my voel en my met liefde omhels en bystaan. Só word ek deel van Christus se liggaam en groei ek, aldus Paulus, in die kennis van die Seun van God, ja, van God self (Efes 4:13).

Ja, ook in die vreemdeling kan God my kom aanraak en aan my verklaar. So beeld die bekende ikoon van Andrei Rublev die besoek van die drie vreemdelinge aan Abraham in Genesis 18:1-15 uit as die verskyning van Drie-enige God self.

Wat ons nog eens daaraan herinner dat die Godheid heelwat nader aan ons kan wees as wat ons party dae vermoed.

Here, dankie vir mense vandag waardeur U self ons tegemoet tree. Help ons om U te herken. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed