Boodskap vir Vandag

Search

God se stem in die Bybel

So sê die Here: Ek sal die lot van Jakob se woonplekke verander (Jeremia 30:18).

Volgens die Gereformeerde tradisie, bly God se woord, dit wat God sê, die belangrikste medium waardeur God ons as mense ontmoet en aan ons kenbaar word.

Oor en oor hoor ons byvoorbeeld hierdie refrein in Jeremia 30-31: “So sê die Here!”

Hierdie woord van God kan, net soos in die dae van Israel, natuurlik direk na ons toe kom. Presies soos die bekende Amerikaanse prediker, Peter Marshall, op ‘n keer ervaar het.

Tydens ‘n kritieke oomblik in sy lewe, terwyl hy een nag in digte mis op pad huis toe was, het ‘n stem – só beskryf hy sy ervaring – skielik agter hom opgeklink. Die stem het hom tot stilstand gedwing. Later het hy dit met groot sekerheid as die roepstem van God in sy lewe aangedui.

Tog weet ons as Bybelgelowiges dat die spreke van God ons vandag meesal op ‘n meer indirekte manier bereik. Dit is deur middel van die baie verhale en getuienisse van mense soos opgeteken in die Bybel – met name dié van die profete en die apostels.

Hierdie verhale, so glo ons vandag, is méér as net mensgemaakte stories of produkte van die verbeelding. Dit is ‘n neerslag van ervarings wat mense met ‘n Wese groter as hulleself gehad het. Hulle het dit in die beskikbare taal, tradisies en beelde van hulle tyd probeer peil en verwoord.

Wie hierdie verhale met geloof, verwagting en veral met ‘n oop gemoed benader, het die kans om ook, net soos die eerste hoorders, God se stem daarin te hoor.

Here, dankie vandag weer vir die verhale van mense wat met U geleef het en waardeur U opnuut en op vars maniere met ons praat. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed