Boodskap vir Vandag

Search

God wéét van jou

“Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus Hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien” (Johannes 1:48).

Wie soos die dissipels gehoor gee aan die uitnodiging om self te gaan kyk of vas te stel wie Jesus is, maak gewoonlik, aldus Johannes 1:43-51, ‘n paar verrassende ontdekkings.

Eerstens ontdek hulle, soos Natanael, die selferkende skeptikus, dat hulle gesien en geken is, lank voordat hulle self daarvan bewus was.

Uit ons alledaagse lewe weet ons reeds wat dit beteken wanneer iemand ons raaksien, ken en waardeer. Om soos Natanael deur Jesus, ja, deur God self gesien en geken te word, was (en is vandag steeds) veel méér dramaties en betekenisvol.

Dit beteken onder andere dat ons soos Jakob, ondanks ‘n donker verlede, steeds aanvaar en omhels word (Gen 33:28). Dat ons, soos Petrus, begryp en vergewe is (Luk 22:61). Ja, dat ons soos die psalmdigter mag weet: “Ek is van alle kante omsluit, ek word gelei en vasgehou – elke oomblik, elke dag, selfs in my donkerste uur” (Ps 139:1-18).

Wie dít ontdek het én glo, se lewe bly gevul met bewoë en dankbare verwondering (Ps 139:14).

Dit kan nie anders nie.

Here, help my vandag om vas te hou aan die wete dat U my ken. En om daaroor verwonderd te bly. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed