Boodskap vir Vandag

Search

God

In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder. Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so.

– Genesis 1:1-3

 

Wie en wat is God vir jou? Is Hy goed? Is Hy liefdevol? Is Hy kwaai? Is Hy jou goedgesind? Is Hy teen jou? Hoe jy God ervaar, sal uiteindelik die soort verhouding wat jy met Hom het, bepaal.

 

In my jonger jare was ek baie bang vir God – op ’n ongesonde manier. My beeld van God was dié van ’n kwaai man met ’n lang baard en ’n stok in sy hand. Een waarmee Hy my onmiddellik kon doodslaan as ek iets verkeerds sou doen. Ek het dus die hele tyd net

gekoes en probeer wegkruip van sy kwaai oë.

 

Nou, jare later, is my beeld van God aansienlik anders met baie meer en alomvattende dimensies. Hy is vir my die Begin en die Einde. Die Alfa en die Omega. Hy is. Hy is oral. Hy is die Skepper van die heelal. Hy is Wysheid en Waarheid. Hy is Geregtigheid, Lig, Liefde en Goedheid. Hy is die Voorsiener. Sy asem is in my.

 

Met hierdie insig het ek nie meer ’n ongesonde vrees vir God nie, maar ’n gesonde en heilige ontsag en eerbied vir die Almagtige. Terselfdertyd is ek diep bewus van sy sagte liefde. Ek ervaar Hom as my Vader wat vir my omgee en my beste belange op die hart dra. Sy liefde is veral sigbaar in sy eniggebore Seun wat Hy as offer vir my gestuur het.

 

Bruisgebed vir lof aan God: Vader, ek buig in nederige verwondering voor U, die almagtige God. U is my BRUISTABLET vir die lewe, ja, met hoofletters.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

‘Jou lig skyn helder, Deon’: Mense se omgee dra sanger ná ongeluk
17 November 2026
Ná haar man se dood en vier vernietigende vloede getuig boervrou: ‘God stuur engele om te help’
17 November 2026
‘Selfs ná die grootste val sal jy weer opstaan wanneer God jou oprig,’ – Verlamde oud-rugbyspeler en sy vrou getuig
16 November 2026
Porterville se miracle child: ‘Vir haar is dié soort sportprestasies ’n wonderwerk’
13 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.