Boodskap vir Vandag

Search

Goeie Nuus

“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My aangestel het om die Goeie Nuus vir die armes aan te kondig. Hy het My gestuur om aan te kondig dat gevangenes vrygelaat sal word, dat blindes sal sien, dat onderdruktes bevry sal word van hulle onderdrukkers.”

– Lukas 4:18

 

Wat is vir jou goeie nuus? Dalk daardie lank verwagte bevordering by die werk? Of dat jy die lotto gewen het? Of uiteindelik die goeie nuus dat jy swanger is soos jy gehoop het?

 

Ons is altyd verheug oor goeie nuus in ons of ons vriende en familie se lewe. Dinge soos goeie gesondheid, finansiële seën, opwindende werksaanbiedinge wat oor ons pad kom. Soms kan dit kleur gee aan ’n triestige dag en nuwe energie en ’n huppel in jou stap sit.

 

Daar is egter nog groter Goeie Nuus wat jy elke dag kan vier. Hierdie Goeie Nuus is nie net van toepassing op ’n paar uitverkore en gelukkige mense nie. Dit geld ook vir dié wat swaar trek – die verstotenes, die siekes, die armes, die blindes, die gevangenes en die onderdruktes.

 

Vandag se vers was Jesus se eerste openbare toespraak. Hy het die Goeie Nuus voorgelees vanaf die boekrol waarop die profeet Jesaja baie jare voor Jesus se geboorte reeds sy koms as die bringer van Goeie Nuus neergeskryf het.

 

Hierdie Goeie Nuus geld nóú nog, meer as 2 000 jaar ná Jesus se kruisdood. Die Gees van die Here is steeds elke dag met ons wat Hom as die Messias aanvaar. Ons kan elke dag die boekrol oopvou en oorwinning oor ons probleme beleef.

 

Onthou op slegte-nuus-dae die blywende Goeie Nuus-boodskap van Jesus Christus.

 

Bruisgebed vir af dae: Here Jesus, dankie dat ek u boekrol elke dag kan oopmaak en die Goeie Nuus daarin kan lees. Dankie dat u Goeie Nuus ook vir my waar is.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed