Boodskap vir Vandag

Search

Groen

Die Jode was egter jaloers hieroor. Hulle het toe met die hulp van ’n paar nikswerd leeglêers ʼn betoging begin en die stad in oproer gebring.

– Handelinge 17:5

 

Hoe lyk die groen kleur in jou hart? Is dit ’n vredevolle en rustige groen wat ander hulle plekkie in die son gun? Of is dit ’n dodelike ruspegroen wat suksesvolle mense gedurig met donker en broeiende afguns dophou?

 

Saul is ’n voorbeeld van iemand wat die meeste van sy lewensenergie op afguns vermors het. Hy was jaloers op die guns wat Dawid geniet het en het gedurig planne beraam om sy vooruitgang in die lewe te stuit. Op die ou end het hierdie jaloesie van Saul hom opgevreet

en uiteindelik sy ondergang bewerkstellig. Dawid, wat nie afgunstig was op Saul nie, is egter ryklik geseën deur die Here.

 

Die gevaarlike nagevolge van jaloesie vind ons ook in vandag se Bybelvers. ’n Hele stad is in oproer gebring oor die Jode se afguns op Jesus. Jaloesie kan inderdaad ’n vergiftigende uitwerking hê!

 

Is daar mense op wie jy afgunstig is? Trek jou hart saam wanneer jy hoor van jou mededingers se sukses? Jaloesie kan ’n geestelike blokkasie veroorsaak, wat daartoe kan lei dat jy self ’n geseënde en begunstigde lewe misloop. Doen vandag nog iets daaraan!

 

Die teengif vir jaloesie is om ander mense die guns en seën te gun wat uit die Here se hand kom. Komplimenteer jou mededingers. Wens hulle alle seën en voorspoed toe en bepaal jou aandag by die rustige ontwikkeling van jou eie gawes. Deur ander mense te begunstig sal die

groen in jou hart onmiddellik liggroen word, want die Here betoon graag sy guns aan dié wat nie afgunstig is nie.

 

Bruisgebed vir guns: Vader, help my om die groen jaloesie uit my hart te verban en u sagte lig(groen) daarin te laat skyn sodat dit u goedheid en guns oor almal kan uitstraal. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed