Boodskap vir Vandag

Search

Grys

My broers [en susters], as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, weet dan dat hy wat ’n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die

dood red en maak dat ’n menigte sondes vergewe word.

– Jakobus 5:19-20

 

’n Ligte duifgrys is vir my verteenwoordigend van die Heilige Gees se werking in ons harte. ’n Dowwe donkergrys, weer, is vir my die simbool van ’n apatiese en lui draadsitter wat Gods water oor Gods akker laat loop.

 

Wanneer ons hart ’n donkergrys lagie om kry, raak ons onwillig om na die stem van die Heilige Gees te luister en dit te gehoorsaam. Ons raak geestelik afgestomp en kyk maklik anderpad wanneer iemand iets doen wat ons weet nie reg is in die oë van die Here nie.

 

Gee jy die Heilige Gees ’n spreekbeurt in jou lewe, of sit jy eerder oorpluisies in jou ore wanneer Hy iets vir jou fluister? Is jy gewillig om jou draadsitterposisie te verlaat en ander wat op die verkeerde pad beland het en gevaarlik na aan die afgrond beweeg, reg te help?

Of gaan maak jy eerder ’n koppie tee?

 

Vandag se Bybelvers moedig ons as gelowiges aan om mekaar in liefde en in gehoorsaamheid aan die Here reg te help. Só kan ons mekaar beskerm teen nog verdere sondes wat na die dood kan lei. Hoe voel jou hart oor hierdie opdrag?

 

Watter skakering van grys is die prominentste in jou hart, dink jy? Die Heilige Gees se ligte duifgrys, of die luiaard se dowwe donkergrys?

 

Bruisgebed vir ’n gehoorsame hart: Hemelse Vader, help my om die lui skadukant van my hart neer te lê en die stem van u Heilige Gees te gehoorsaam. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed