Boodskap vir Vandag

Search

Halssnoer

My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, dit sal vir jou ’n mooi lewe verseker en soos ’n pragtige halssnoer vir jou wees – Spreuke 3:21-22.

’n Wyse man oorweeg sy woorde en sy dade. Hy het takt en oorleg. Hy tree nie halsoorkop op nie. Salomo waarsku jongmense hier om dit nooit uit die oog te verloor nie. Die soeker na wysheid mag nie in sy toewyding verslap nie, maar moet in alle omstandighede onthou om goed na te dink voordat hy praat of doen.

Wanneer ons na Spreuke 3:21-22 in die 1933/1953-vertaling kyk, kom daar nuwe betekenislae na vore: “My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg, dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ’n versiersel vir jou hals.”

Die Hebreeuse woord vir “siel” kan onder meer vertaal word as “lewende wese” of “self ”. “Lewe vir jou siel” beteken dan dat jy verseker kan wees van die lewe in die volste, rykste sin van die woord. Dít is hoe die lewe van ’n wyse man of vrou lyk.

Wysheid is ook ’n “versiersel vir jou hals”. Dit bring dus grasie en skoonheid vir die “draer” van wysheid. ’n Wyse mens is verseker van ’n lewe soos God dit vir ons bedoel: dit straal van binne en buite. Dit is die lewe wat God graag vir ons wil skenk.

Here, dankie dat U ’n lewe vol skoonheid en innerlike volkomenheid belowe vir dié wat hul oog op wysheid hou. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed