Boodskap vir Vandag

Search

Harde kop

Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was – 2 Timoteus 3:14.

Soms weet mense wat die regte ding is om te doen. Hulle ken die Bybel. Hulle ken Christus. Maar dan kom daar iets verby wat hul oë verblind.

Daar is ’n legio versoekings. ’n Geleentheid om op ’n twyfelagtige manier geld te maak. Die kans op bevordering deur iemand anders in ’n slegte lig te stel. Die moontlikheid dat jou kind in ’n gesogte sportspan opgeneem kan word. Jy doen enigiets moontlik ter wille van jou kind. Al is dit om ’n onderwyser subtiel te beïnvloed of ’n ander kind af te kraak.

In al hierdie dinge wéét jy dat jy fouteer. In jou dwaasheid hou jy egter hardkoppig daarmee vol, want jou begeerte oorskadu alle ander dinge. Dit benewel jou oordeelsvermoë. Al wéét jy wat die regte ding is om te doen, volhard jy in jou pogings om jou eie selfsugtige doel te bereik.

Hebreërs 3:7-8 (Nuwe Lewende Vertaling) waarsku: “Julle moet dus luister wanneer die Heilige Gees die volgende sê: ‘Vandag, wanneer julle sy stem hoor, moet julle nie julle harte verhard soos Israel gedoen het toe hulle gerebelleer het nie, toe hulle God se geduld in die woestyn getoets het.’”

Ons wat Christus ken en liefhet se pad is vir ons uitgestippel. Sy Woord gee vir ons duidelike riglyne vir die lewe. En Christus self wys vir ons hoe om in die praktyk as regverdiges te lewe. Dit is ons plig om nie hardkoppig ons eie dwase koers in te slaan nie.

Here, bewaar my van dwase hardkoppigheid. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed