Heilige Vader,
Dankie dat U die Gees van U Seun gestuur het
om in ons te lewe en ons na U te laat roep:
“Abba, Vader!”
Vul my hart met U waarheid en liefde,
vernuwe my siel en lei my elke dag.
Laat my U Gees ervaar, wat my vertroos en versterk.
Help my om U stem te hoor en te gehoorsaam.
Skep ’n blywende band tussen U en my,
sodat ek altyd in U teenwoordigheid kan wandel.
Amen.