Boodskap vir Vandag

Search

Helder

Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het.

– Efesiërs 1:18

 

Het jy al opgelet hoe mense se oë ophelder wanneer hulle goeie nuus kry? Ek het ook al gesien hoe mense wat verlief is se gesigte van vaal in blosend verander wanneer hulle hulle geliefde sien. Verliefdes kry letterlik ’n helder blos op die wange.

 

Net so kan ons innerlike mens verhelder word wanneer ons Jesus se Goeie Nuus in ons harte inneem en dit deel van ons leefstyl maak. Wanneer die liefde van Jesus jou hart oorneem en jy op Hom verlief raak, begin die Gees van waarheid oor jou lewe heers.

 

Die gevolg van die Heilige Gees se diep en liefdevolle werking in jou is dat jou geestesoë begin verhelder. Jy sien die lewe en mense deur ’n nuwe bril. Dit is asof jy jou Clicks-bril vir ’n sterk ewigheidslens verruil wat tot in die hemelpoorte kan sien.

 

Wanneer jy deur God se bril en met helder geestesoë kyk, besef jy watter rykdom en heerlike erfenis vir elke gelowige bestem is. Dit is asof die skille van jou oë afval. Voorheen was jy blind, maar nou sien jy sy lig.

 

Paulus se geestesoë is oopgemaak deur sy ontmoeting met Jesus. Daarna het die bekeerde Paulus helder en duidelik gesien – ook sy verkeerde weë van vroeër. Die nuwe Paulus het hom sy lewe lank daaraan toegewy om ander mense se geestesoë oop te maak vir die

heerlike rykdom en voorregte wat daar in Christus Jesus is.

 

Bruisgebed vir blindes: Here, ek bid dat U my geestesoë sal opmaak en my deur ’n helder ewigheidslens sal laat kyk sodat ek die heerlike rykdom en voorregte kan raaksien wat daar in U vir my is.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 Oktober 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 Oktober 2026
Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed