Boodskap vir Vandag

Search

Herinneringe

Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

– Spreuke 4:23

 

Herinneringe is die innerlike foto’s wat jy kies om saam met jou die toekoms in te neem en in jou hart te bewaar. Party foto’s wat ons koester, is mooi. Dit vertel van goeie tye met goeie vriende en dierbare familie. Dit getuig van oorwinnings en seën. Ander is minder mooi en vertroebel jou gemoed wanneer jy daaraan dink. Die grys in-betweens stoor ons om die een of ander rede nie in ons harte nie.

 

Maak seker watter herinneringe jy kies om te vergroot, te raam en in jou hart se stoorkamer op te hang. Laat dit jou innerlik bruis? Of het dit die uitwerking van geestelike arseen?

 

Ek het baie jare lank swaar aan donker herinneringe in my hart gedra. Vandag, deur die Here se genade, raak ek vinnig ontslae van emosionele rommel wat my wil vergiftig. Ek het geleer ’n lewensalbum met vergrotings van negatiewe foto’s is nie nuttig op my lewenspad nie. Dit dien nie ’n goeie doel nie. Dit beroof my van my sprankel.

 

Vandag is die herinneringe wat ek in my hart saamdra baie ligter as ’n paar jaar gelede. Die woede, bitterheid en pyn is vervang deur die Here se genade, liefde en deernis.

 

Bekyk ’n slag jou hart se inhoud goed. Maak seker die herinneringe wat jy gereeld uithaal en na kyk, is bruistablette vir jou gees – en nie gifpille wat jou pad na ’n mooi toekoms sal versper nie.

 

Want dit wat jy in jou hart saamneem, bepaal jou belewenis van jou reis.

 

Bruisgebed vir geluk: Help my, Here, om die mooi herinneringe te vergroot en te raam en die res te laat gaan.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed