Boodskap vir Vandag

Search

Herken jy jouself?

Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Daardie man van wie julle praat, ken ek nie” (Markus 14:71).

Hoe ons, net soos Petrus, ons geloof kan verloor en Jesus faal, word ontstellend in ‘n gedig “Verloëning” uitgedruk.

vanaand staan ék weer by die vuur,
skrik op van die ontstelde vraag:
jy is tog een van die span?

en iewers, net soos Petrus, protesteer
die hart en sprei die blos nog hoër as die vlam,
laai ergenis tot breekpunt op –

want wie wil buite wees waar afstand
en ‘n koue oog oorheers?
die winter swiep en slaan?

maar ernstig dan: ken jy nie sy gesig,
die plooie en die fyn sweet as Hy praat?
en kan jy voortgaan
om te plunder aan sy Naam,

terwyl Hy steeds in stilte langs
die kruispad knars,
en jy gesellig by die vuur
jou opstand fyn verguld?

Die vraag is: “Herken jy hierin iets van jouself?” En weet jy steeds dat Hy jou vergewe en ter wille van jóú langs die kruispad knars?

Here, dankie steeds dat U bly vergewe, ook wanneer ons U uit vrees verloën. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed