Boodskap vir Vandag

Search

Hieraan moet ons vashou

Die Here is my rots, my skuilplek en my redder … (2 Sam 22:1) … my God gee lig as dit donker is om my (2 Sam 22:29).

Die geskiedenis van koning Dawid bevat ‘n yslike stuk ironie.

Want waar sy lewe aanvanklik geseënd en voorspoedig was, verander dinge ná sy owerspel met Batseba redelik dramaties. Hierna strompel hy van die een krisis na die ander. Ons hoor hom meermale kla en huil (2 Sam 12:22, 19:1).

En hoe anders ook wanneer jou geliefde dogter deur ‘n familielid verkrag word (2 Sam 13), ou bekendes jou begin vloek (2 Sam 16) en jou eie seun teen jou in opstand kom (2 Sam 15).

Slegter kan dit amper nie.

Maar is dit nie hoe ons eie geskiedenisse en lewe soms lyk nie – deurspek van onverwagse krisisse, teleurstellings en terugslae? En dan praat ‘n mens nie eers van die blatante leuens, korrupsie en onreg wat ons samelewing gereeld teister en laat steier nie.

Hoe moeilik, ondraaglik en onbegryplik die lewe ook al is, as gelowige mag ons hieraan bly vashou: Dat daar ‘n goeie en genadige God is wat steeds oor alles troon – ‘n God wat ons miserabele geskiedenis steeds in sy hande hou. En wat ons nooit sal los of verlaat nie.

Dawid het in sy swartste nag gelukkig ook dít ervaar. Daarom kon hy skryf: “… my God gee lig as dit donker is om my” (2 Sam 22:29).

Here, dankie dat U oor alles, ook oor ons donker geskiedenis, troon. Help ons om dááraan vas te hou. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed