Boodskap vir Vandag

Search

Hoop

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul.

– Romeine 15:13

 

Hoop is daardie een gloeilampie in jou gemoed wat die pad vorentoe verlig. ’n Pot sterk, soet tee bring hoop. So ook ’n geselsie met ʼn goeie hartsvriendin wat jou laat lag. Wanneer jy ná twintig jaar se huwelikslewe steeds jou trourok se ritssluiter kan opkry, is daar hoop!

 

Hoop is vir ons elkeen iets anders. Dit kan die rooi hoed wees wat jy op ’n grys dag op jou kop sit. Dit kan die malva wees wat jy agter jou oor indruk ten spyte van die siekte wat jy in jou lyf dra. Hoop is die blommetjie in die woestynlandskap. Dit is die spatseltjie kleur te

midde van ellendige omstandighede.

 

’n Enkele sonneblom langs ’n stofpad het my al hoop op my alleenpad gegee. Die regop stam met die groot geel kop wat na die son gedraai is, het my al geïnspireer om dieselfde te doen. En ’n hele plaat goudgeel sonneblomme het my nog meer hoop gegee om aan te gaan. Ons elkeen het net daai een sonneblom nodig om op te staan en die lewe vas in die oë te kyk.

 

Hoop is daardie enkele gloeiende kooltjie wat in die as lê en smeul. ’n Klein bietjie warmte kan ’n hele vuur aansteek. Dalk kan jy die bringer van hoop wees …

 

Vra die Here om jou innerlike landskap te laat gloei met kooltjies van geloof, blydskap en vrede. En dra ’n enkele, gloeiende kooltjie hoop na iemand wat op ’n donker pad verdwaal het.

 

Bruisgebed vir hoop: Here Jesus, help my om elke dag ’n sonneblom eerder as ’n brandnetel in my hart saam te dra. Help my om ’n gloeiende kooltjie hoop vir iemand anders te wees. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed