Boodskap vir Vandag

Search

Hulle is onder en in ons

“Pas op vir die skrifgeleerdes, wat daarvan hou om met swierige klere rond te stap en om op straat begroet te word …” (Markus 12:38).

In ons teks vir die week, Markus 12:38-44, duik daar twee tipes mense, twee soorte karakters op.

Die een in die gestalte van ‘n vroom, swierige skrifgeleerde is opvallend – die ander, ‘n weduwee, meer obskuur. Tot vandag toe is albei hierdie tipes deel van ons samelewing. Ja, óns samelewing waar die kloof tussen ryk en arm, bevoorregtes en ontheemdes die grootste ter wêreld is.

Die skrifgeleerde is ‘n tipe wat ons maklik herken. Hy kom weliswaar uit ‘n ou wêreld, maar sý soort is onder ons, elke dag. Hy is die een met die afwyserige klere en blink skoene. Die een wat ingekruip is by die vernames en die magtiges.

Hy is die arrogante een wat áltyd in beheer moet bly. En wat áltyd beter weet. Wat neerkyk op ander en moeilik luister. Die een met die toegeskroeide gewete wat ander uitbuit en verneder – sonder dat hy dit selfs eers weet of agterkom. Die een wie se lewe geld en mag is. Selfs al bid hy en weet hy alles van God.

O, ons ken hulle. Hulle name verskyn daagliks in koerante. Ons wéét hoe hulle opereer, hoe hulle ons samelewing befoeter en ‘n slegte naam gee — hierdie moderne fariseërs wat die massas betower, maar hulle terselfdertyd ook indoen.

Maar laat ons versigtig en waaksaam wees. Hulle siekte skuil ook in óns bloed.

Here, bewaar ons vandag van die mentaliteit van die arrogante skrifgeleerde. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed