Boodskap vir Vandag

Search

Hy het ons tot die uiterste toe lief!

Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad (Johannes 13:1).

ʼn Woord van Jesus wat my nog altyd aangegryp en verwonder het, vind ons in Johannes 13:1.

Daar lees ons dat Jesus, wetend dat sy lewe op aarde besig was om tot ʼn einde te kom, volgehou het om sy eie mense, sy volgelinge, lief te hê. Hy het hulle liefgehad – sê die 1983- Afrikaanse vertaling – tot aan die einde, dit wil sê, ononderbroke, sonder ophou, tot die oomblik dat Hy sy laaste asem sou uitblaas.

Gesien in dié lig kan die teks ook anders vertaal word, en die 1983-vertaling het dit dan ook só behou: Jesus het sy volgelinge tot die uiterste toe liefgehad, oftewel, met ʼn ongewone intensiteit en passie.

As voorbeeld van wat so ʼn uiterste liefde alles beteken, kniel Jesus in hierdie verhaal voor sy dissipels en begin hulle voete was. Om daarmee te sê: Só groot en intens is my liefde vir julle dat Ek as die Seun van God gekom het om as ʼn dienende slaaf onder julle te leef.

Om só te wys dat julle aan My behoort en dat Ek alles sal doen – ja, tot die uiterste toe sal gaan – om julle te red, te reinig en as my eie te behou. Selfs al kos dit my lewe.

Die grootste wonder is: Hierdie woorde, hierdie belofte, geld vandag nog vir my en vir jou.

Here, ons Here, dat U ons as u vriende beskou en ons liefhet, ja, tot die uiterste toe, daarvoor kan ons vandag net dankbaar voor U kniel. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed