Boodskap vir Vandag

Search

Identiteit

Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.

– 1 Johannes 3:1-2

 

Ons elkeen ’n identiteitsboekie of -kaart. Op hierdie dokument verskyn jou geboortedatum, jou geslag en jou foto; als wat aan jou jou identiteit gee.

 

Hierdie dokument sê egter nie veel oor watter soort mens jy is of wat jou karakter of geloof is nie. Gevolglik is baie mense jare lank op soek na ’n dieper identiteit. Hulle wil weet wie en wat hulle regtig is. Baie mense gaan selfs op ’n sielsreis om hulleself en hulle identiteit te ontdek.

 

Wat gee aan jou jou identiteit? Is dit hoe jy lyk? Waar jy bly? Jou posisie by die werk? Jou finansiële vermoëns? Jou prestasies? Jou status in die samelewing? Vind jy dalk jou identiteit daarin om iemand se lewensmaat te wees? Of die ma van jou kind? Ek weet ek het myself jare lank as “Frankie se ma” voorgestel.

 

Baie van die dinge wat ons glo ons identiteit vorm, is egter nie blywend nie. My status het byvoorbeeld verander van getroude vrou na geskeide vrou. In die oë van mense het my identiteit dalk verander, maar in die Here se oë is ek steeds dieselfde vrou. Ek is ’n geliefde kind van Hom. Wanneer jy jou identiteit in die Here vind, is dit blywend. Nie ’n egskeiding, armoede, siekte of enige verlies kan jou identiteit as sy kind van jou af wegneem nie.

 

Bruisgebed om jou op te beur: Vader, dankie dat my blywende identiteit dié van ’n Koningskind is. Hierdie wete beur my op en maak my dankbaar.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed