Boodskap vir Vandag

Search

In aanraking met die groot Misterie

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1).

Hoe die gordyn op die misterie van die Godheid vir haar gelig het, en hoe dit haar bevry het om met vreugde en oorgawe saam te leef met die teenstrydighede in haar eie lewe, word aangrypend deur Denise Ackermann in haar nuutste boek, “Surprised by the Man on the Borrowed Donkey”, beskryf.

Tot voor dié oomblik, so vertel sy, was sy ‘n soekende mens met ‘n intense verlange om die geheim van die Goddelike intiemer te verstaan en te beleef.

Dit was nie maklik nie. Sy moes haarself al meer na binne keer ten einde haar verlange meer direk en deegliker te ondersoek en te beproef. En toe, op ‘n dag, het die verrassende skielik gebeur. In haar woorde:

“Hoe dieper ek my innerlike verlange beproef het, hoe meer teenstrydig en paradoksaal het dinge geword. Ek het alleen geweet dat ek wou val in die ‘hande van die lewende God’ (Hebr 10:31). Ek het vermoed dat dit ‘n plek van verrassing en groot weerloosheid sou wees.

“Dit wás ook so; maar ek was oorstelp van vreugde. God het my aangeraak. In ‘n onuitspreeklike en vlugtige, maar nooit-te-vergete oomblik, het ek die Teenwoordigheid geken. My verlange was gestil en my lewe het verander. Te midde van paradoks, het ek die waarheid gesien. Die Onbekende het vir ‘n kort wyle kenbaar geword; en toe weer verdwyn.”

Hierna, so vertel sy, moes sy leer dat geloof nooit ‘n vaste en finale wete of bewys van die sogenaamde waarheid is nie. Inteendeel, sy het ontdek dat die pad van geloof ‘n eie vrag vrae en onsekerhede meebring. Wie egter hierdie vrae eerlik in die oë kyk en diep deurleef, ervaar algaande ook die gawe van groei, van nuwe insigte en verrassende vryheid.

En só, langs die weg van eerlike worsteling, het Ackermann ontdek verdiep die geloof en raak ‘n mens al nederiger en afhanklik. Soos die Hebreërskrywer, ontdek die gelowiges dat geloof sy eie sekerhede saambring, dat dit ‘n oortuiging word van dinge wat hulle nie aldag sien nie (Hebr 11:1).

Here, dankie dat U by ons is, selfs al is die pad donker, onverstaanbaar en moeilik. Help ons om hierop te bly vertrou. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed