Boodskap vir Vandag

Search

In wie se hande is jy?

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand (Psalm 31:16).

Dit ís so. Uit Psalm 31 kry ʼn mens die indruk dat die psalmdigter se lyding hom uiteindelik tot in God se arms gedryf het.

Tog is dit ook nie heeltemal waar nie. Want in watter mate sy lyding ook al daartoe bygedra het dat hy nuut oor sy lewe besin het, lê daar ʼn dieper rede vir sy uiteindelike toekeer tot God.

Dit is die wete en vertroue dat sy tye, ja, sy hele lewe, in God se hande is. En dat, wat ook al gebeur, hy altyd veilig en beskut by God sal voel.

In die Ou Testament is God se hande ʼn beeld van gesag, mag en veiligheid. Meer nog, wie in God hande is, kan daarop vertrou dat die donkerste dieptes nooit sonder lig of hoop sal wees nie. Dat daar uiteindelik ʼn oomblik sal aanbreek wanneer jy weer sal opstaan en aangaan.

Omdat hy dít geweet het, bid die psalmdigter: “Laat die lig van u teenwoordigheid oor u dienskneg skyn” (v 17). Daarom kon Jesus in sy donkerste uur uitroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor” (Lukas 23:46).

Wat my laat wonder: In wie se hande is jóú lewe vandag?

Vader, soos Jesus, wil ek vandag opnuut my lewe in u hande oorgee. Dankie dat U my reeds omarm en vashou. Dat my naam in u palms geskryf staan. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed