Boodskap vir Vandag

Search

In wie se hande is jy?

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand (Psalm 31:16).

Dit ís so. Uit Psalm 31 kry ʼn mens die indruk dat die psalmdigter se lyding hom uiteindelik tot in God se arms gedryf het.

Tog is dit ook nie heeltemal waar nie. Want in watter mate sy lyding ook al daartoe bygedra het dat hy nuut oor sy lewe besin het, lê daar ʼn dieper rede vir sy uiteindelike toekeer tot God.

Dit is die wete en vertroue dat sy tye, ja, sy hele lewe, in God se hande is. En dat, wat ook al gebeur, hy altyd veilig en beskut by God sal voel.

In die Ou Testament is God se hande ʼn beeld van gesag, mag en veiligheid. Meer nog, wie in God hande is, kan daarop vertrou dat die donkerste dieptes nooit sonder lig of hoop sal wees nie. Dat daar uiteindelik ʼn oomblik sal aanbreek wanneer jy weer sal opstaan en aangaan.

Omdat hy dít geweet het, bid die psalmdigter: “Laat die lig van u teenwoordigheid oor u dienskneg skyn” (v 17). Daarom kon Jesus in sy donkerste uur uitroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor” (Lukas 23:46).

Wat my laat wonder: In wie se hande is jóú lewe vandag?

Vader, soos Jesus, wil ek vandag opnuut my lewe in u hande oorgee. Dankie dat U my reeds omarm en vashou. Dat my naam in u palms geskryf staan. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed