Boodskap vir Vandag

Search

Inspirasie

“En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; dit is die Gees van die waarheid. Die wêreld is nie in staat om Hom te ontvang nie omdat hy Hom nie sien of ken nie. Julle ken Hom egter omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon. Ek sal julle nie soos wesies in die steek laat nie.”

– Johannes 14:16-18

 

Die woord inspirasie kom van die Latynse woord inspiritus, wat letterlik “asem van God” beteken.

 

Mense sê dikwels ek is ’n inspirasie – en dit verbaas my elke keer! In 2013 is ek selfs as Finesse se Inspirasievrou van die Jaar aangewys – en dit pas nadat ek geskei is en allesbehalwe soos ’n inspirasievrou gevoel het.

 

Ek besef egter wat die mense inspireer, is nie ék nie, maar die Here se goddelike werking (sy asem) wat deur my krake heen skyn en dan in my lewe sigbaar is. Alles in my wat goed en mooi en suksesvol lyk, is daar deur sy genade alleen. Ek kan op niks roem nie.

 

Ná baie kronkelpaaie en afdraaie weet ek my Here is die heel beste Mentor en Leermeester om inspirasie by te gaan haal. By Hom maak ek my battery vol, leer ek om my gawes te ontwikkel en word ek liefdevol gedissiplineer om geestelik te groei. Elke gelowige het toegang tot hierdie wonderlike gratis bron van inspirasie.

 

Mense wat uit die puinhope van die lewe opstaan en hulle lewe tot iets moois herbou, gryp my aan. Dis egter nie uit eie krag dat hulle dit regkry nie; dit is God se krag in hulle wat hulle in staat stel om nuwe hoogtes te bereik.

 

Bruisgebed vir inspirasie: Here, dankie dat ek altyd inspirasie by U kan vind. U is die kragtige asem in my en u krag stel my in staat om nuwe hoogtes te bereik.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed