Boodskap vir Vandag

Search

Jesus se dors

Daar kom toe ʼn Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My ʼn bietjie water om te drink” (Johannes 4:7).

Daar is ʼn gedig oor Jesus se ontmoeting met die Samaritaanse vrou. Dié gedig beskryf so mooi hoe Hy nie net háár dors na ʼn sinvoller lewe les nie, maar ook sy eie dors om eensame en weerlose mense soos ons te help.

Die gedig heet “Samaritaanse vrou” en lui soos volg:

In daardie stiller uur wanneer die hert
haar oë lig, die asem van die veld met
regop ore toets en wag, het sy gekom –
swanger en verskans, maar dors

en Hý, die oog in ons woestyn, het met
geduld sy hande vars in haar gesteek,
deur vyf ruïnes heen getas tot by die
toegeslikte sluis van haar verborge beek,
d
it kors vir kors gebreek tot witter water
daaruit spring.

deur ʼn duif gelok haar sonder vrees laat
teug uit dié beleë bron, gepars uit eie
bloed en sweet – haar ook daarin gedrenk
totdat haar hele lyf gefakkel was

ʼn ganse dorp in ligte laaie, sy eie dors geles.

Lees die gedig weer rustig deur en weet: Presies só wil God vandag deur Jesus in jou lewe inkom om dit met nuwe betekenis, hoop en energie te vul.

Presies só word Jesus se verlange en dors na jou ook geles.

Here, dat U daarna dors om by ons te wees en ons lewe met u liefde en genade te vul, is iets wat ons verstand te bowe gaan. Vandag buig ons alleen met dankbaarheid voor dié wete. Amen.

Carel Anthonissen 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed