Boodskap vir Vandag

Search

Jy hoort nie hier nie!

Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe (Jesaja 55:3).

Party mense kom verskriklike dinge oor – soos vriende van ons wie se dogter as gevolg van ʼn dwelmprobleem weggeloop en byna vyf jaar uit hulle lewe verdwyn het.

In dié tyd het hulle geen taal of tyding van haar ontvang nie. Uiteindelik moes hulle die pynlike en bykans onhoudbare waarheid aanvaar dat hulle haar vir altyd verloor het.

Totdat hulle dogter hulle eendag, byna soos die verlore seun, uit die bloute gekontak en na haar ouerhuis teruggekeer het. Vandag, ná ʼn lang pad van herstel, staan sy weer op haar voete. Sy is gelukkig getroud, het kinders en kyk met dankbaarheid terug op ʼn veelbewoë maar wonderlike pad.

Vra jy haar uit oor die keerpunt in haar lewe, vertel sy ʼn merkwaardige verhaal. Van die ouerige man wat haar op ʼn dag in Londen op straat gesien en vir haar gesê het: “My kind, ek kan sien jy sukkel, maar dat jy uit ʼn goeie huis kom. Bel jou ouers vandag nog. Praat met hulle. Jy is baie meer werd as wat jy dink. Jy hoort nie hier nie.”

Waarom aan die begin van die jaar hierdie verhaal vertel? Omdat ook jy miskien vandag op ʼn plek is van waar jy moet terugdraai.

Want jy hoort nie daar nie!

Here, vandag draai ek opnuut na U toe met die vertroue dat ek in u oë kosbaar is en dat U my nooit sal verwerp nie. Dankie daarvoor. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed