Boodskap vir Vandag

Search

Jy is geen slagoffer nie

“… en toe kom die gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was ‘n baie groot menigte” (Esegiël 37:10).

Wanneer God in die woorde van Esegiël 37:10 deur sy Gees nuwe lewe in Israel se dooie bestaan begin inblaas, gebeur ‘n merkwaardige ding.

Nie net begin ‘n roering van nuwe lewe posvat nie. Ons lees ook: Hulle het regop gaan staan. En daar was ‘n groot menigte (v 10).

Die woord “menigte” kan hier vertaal word as ‘n groot en kragtige leërmag. Een wat weliswaar nie langer op fisiese oorlogvoering ingestel was nie, maar as ‘n nuwe gemeenskap, nou slaggereed om die lewe met nuwe moed en energie aan te pak.

Anders gestel: Israel weet en voel hulleself nie langer magtelose slagoffers van ‘n ongelukkige noodlot of verlede nie. Nee, as volk van God wat deur sy genadige ingryping tot nuwe lewe gewek is, staan hulle nou regop – kan hulle die lewe met selfvertroue en trots in die oë kyk. Gereed om die dag van môre met vars hoop en krag tegemoet te gaan.

Ek weet nie wat jou vandag lam lê en daarvan weerhou om voluit te lewe nie. Miskien ‘n slegte verlede, ‘n onverwerkte verlies, die skuld van verkeerde keuses, bekommernisse oor jou werk, jou kinders of die land.

Één ding moet jy weet: dit maak nie saak onder watter ster jy gebore is of hoe die spreekwoordelike dobbelsteen vir jou geval het nie – jy is nooit ’n patetiese slagoffer nie.

Jy is ‘n kosbare skepsel van God wat vandag, net soos Israel van ouds, weer regop en met trots die lewe en ander mense in die oë kan gaan kyk.

Here, vergewe ons vandag weer dat ons ons soos slagoffers gedra. Dit terwyl U ons u kosbare kinders noem. Help ons om dit nooit te vergeet nie. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed