Boodskap vir Vandag

Search

Kan ek dit regtig glo?

Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels – Psalm 17:8.

Daar is min dinge wat vir ons so kosbaar is soos ons sig. Ons reageer outomaties wanneer iets vinnig na ons kant toe kom, of skerp lig ons skielik verblind.

Dawid se noodroep in die teksvers hierbo is dat God hom so sal beskerm soos ’n mens jou oë beskerm. Hy het meermale uitgeroep: “Waar is U dan, my God?” Moontlik het hy in sulke tye getwyfel of hy werklik God se oogappel is. Keer op keer het hy egter weer God se liefde en ontferming vir homself toegeëien.

Soms, wanneer dit swaar gaan, is dit vir ons moeilik om te glo dat ons God se oogappel is. Dit voel asof ons oop en bloot in die ongenaakbare son staan met niks wat ons oë teen die fel strale beskut nie. Ander kere is dit vir ons onmoontlik om te aanvaar dat God ons kies en ons liefhet. Ons ken onsself en ons tekortkominge te goed en dink dat ons God se liefde nie verdien nie. Ons oordeel onsself en besluit dat ons nie werd is dat Hy ons sy oogappel noem nie. Wat ons van onsself dink, verander egter niks aan hoe God oor ons dink nie.

Ek moet weet: ek is uniek. Daar is niemand soos ek nie! God het my volmaak geskep soos Hý wou. Hy kyk na my asof ek sy enigste geliefde kind is. Daarom is ek God se oogappel. Die middelpunt van sy liefde.

Dankie, Here, dat ek u kosbare oogappel is. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed