Boodskap vir Vandag

Search

Klein venstertjies

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle – Psalm 145:18-19.

Tydens ’n besoek aan Paternoster wys die eienaar van ’n vissermanshuis teenaan die see vir ons die klein glasruit wat in die skoorsteen ingemessel is – net dáár waar die houtstompe gepak word en die vlamme helderrooi en oranje opspring.

Die gasvrou vertel: “Vroeër jare het elke skoorsteen hier so ’n ruitjie gehad. Wanneer die bote snags op die oopsee was, het die vroue tuis die kaggelvure gestook. Die vissermanne kon die liggies in die donker sien.”

Hulle het geweet: Waar die flikkerende vlammetjies was, was land. En ’n veilige, warm tuiste.

Die vroue het vir die veilige terugkeer van hul geliefdes gebid. Hulle was op hul pos as voorbidders. Die mans het weer hul oë op die vlammetjies in die skoorstene gehou. Dit was dikwels hul enigste vashouplek en hoop in onstuimige nagte op die oopsee.

Ons moet vir mekaar bid. Stilweg of hardop. Dit is ’n voorreg, maar ook ’n opdrag. Wanneer mense in ’n lewenstorm verkeer, is hulle meermale so op hul oorlewing ingestel dat hulle nie die emosionele of geestelike krag het om self te bid nie. Wanneer hulle weet dat iemand anders se gebedsvlammetjie vir hulle brand, bring dit dikwels kalmte en gemoedsrus.

Ons mag nie dat ons vlammetjies uitgedoof word nie.

Here, help my om getrou te wees en my gebedsvuurtjie elke dag te stook. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed