Boodskap vir Vandag

Search

Kom salf die skepping

Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting (Romeine 8:22).

Paulus se uitspraak in Romeine 8:22 dat die hele skepping sug in die pyne van verwagting, presies soos ʼn vrou wat in barensnood verkeer, is in vele opsigte profeties.

Dit klop met wat ons vandag van God se goeie skepping rondom ons sien en ervaar.

In ʼn mooi boek oor die waarde van meditasie herinner die skrywer Johannes de Villiers ons op ʼn ontstellende manier daaraan dat ons vandag nie net ʼn tydelike natuurkrisis beleef nie, maar die daadwerklike en tragiese uitwissing van lewe op aarde. Hy stel dit soos volg: “Ek oordryf nie. Ons stuur nie meer op ʼn natuurramp af nie; ons is reeds midde-in die grootste uitwissing van lewe op aarde in 65 miljoen jaar … Teen 2050 gaan daar meer plastiek as vis in die see wees.”

Hoewel ontstellend, is alles volgens hom nie hooploos nie. In groot mate hang dit van óns af of ons die ramp kan help afweer. Maar dan sal ons doelbewus moet kies vir ʼn eenvoudiger en meer sober leefstyl. Ook moet leer dat om te gee beter is as om te ontvang.

So sal die wêreld ook sien dat ons egte kinders en erfgename van God is.

Paulus het in sy brief aan die Romeine al gesê: Die skepping wag dat God bekend sal maak wie sy kinders is. Of anders gestel: Die skepping wag dat ons as kinders van God na vore sal kom en die skepping met liefde en sorg sal begin salf.

Om Johannes de Villiers weer aan te haal: “Maak oop jou oë. Die wêreld het jou dringend nodig.”

O Here, help ons vandag om wakker te word en te leef soos dit u kinders betaam. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed