Boodskap vir Vandag

Search

Kom! Skep moed!

Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen – 1 Tessalonisense 5:11.

Barnabas was een van die minder bekende apostels. In Handelinge 4:36-37 lees ons die volgende van hom: “Josef ’n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat – het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.”

Barnabas het stil-stil en sonder ophef sy gang gegaan. Tog het hy ’n besondere bydrae tot die eerste kerk en die vestiging van gemeentes gemaak. Hy is deur die Heilige Gees geroep om saam met Paulus op sendingreise te gaan. Hy was meestal in Paulus se skaduwee, maar ons lees dat hy jong gelowiges begelei en die evangelie aan die heidene bedien het.

Barnabas was gasvry en vrygewig. Waar hy gekom het, het hy mense bemoedig. Wanneer medegelowiges mismoedig geword het, het hy hulle aan God se beloftes herinner. Barnabas het volhardend op God bly hoop.

Om ander te bemoedig vra dat jy sélf moed sal hê. Die HAT omskryf “bemoedig” as “met moed besiel”. Moed is ’n term wat dikwels vir soldate gebruik word wat in die aangesig van die dood onverskrokke voortveg.

Moed verg dus dapperheid. Wanneer mense rondom jou moed verloor het, moet jy kan opstaan en voor stap – sonder om terug te deins. Jy moet kan bemoedig en inspireer. Jy moet die vaandel van hoop aangee.

Ons moet Barnabas-mense vir mekaar wees.

Here, skenk my moed sodat ek op my beurt ander kan bemoedig wanneer hulle uitsigloos en sonder lewensmoed is. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed