Boodskap vir Vandag

Search

Kwaadwillige verset

“Met die saai het ʼn deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik” (Matteus 13:3).

Die gelykenis van die saaier laat dit duidelik blyk dat Jesus sy hele bediening daarop gerig het om sy woorde aanklank en ingang by sy dissipels te laat vind.

Soos saad wat op goeie grond val, moes sy woorde vrug dra. Meer konkreet gestel: Jesus se woorde moes hulle lewe elke dag tot nuwe hoop, blydskap en diensbaarheid bevry en beweeg.

Uit hierdie gelykenis blyk dit egter dat allerlei hindernisse hierdie proses kan dwarsboom. Die eerste is dat mense Jesus se woorde gewoon kan ignoreer. Of hulle kwaadwillig en opsetlik daarteen kan verset. Dit selfs kan afskryf as onbelangrik en van geen waarde nie.

Dit is by dié mense dat Jesus se woorde soos saad op die pad val. Die voëls – hiér ʼn simbool van allerlei bose en negatiewe invloede – kom en pik dit op sodat hulle harte daarvoor gesluit bly.

Wat Jesus hier beskryf, is nie onbekend nie. Mense, waaronder ook talle Christene, ken nie meer die Bybelse verhale of waarhede nie en neem dit nie ernstig nie. Hulle leef nie meer vanuit hierdie waarhede nie en ervaar dit nie as ʼn lig vir hulle pad nie.

Miskien verklaar dit die stemming van wanhoop, sinisme en selfs depressie waarmee vele van ons geslag vandag sukkel.

Here, praat weer só met ons dat ons harte vir U sal begin brand en ons lewe vol vrug sal wees. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed