Boodskap vir Vandag

Search

Kyk binnetoe, leef buitentoe

Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles. En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak. En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam – 1 Kronieke 29:11-13 (1933/1953-vertaling).

Onlangs kyk ek na ’n video-insetsel van ’n tienermeisie wat aan die Biblebee-kompetisie deelneem. Die beoordelaars gee die eerste paar woorde uit ’n Skrifgedeelte, waarna die deelnemers moet sê watter teksverse dit is, asook die betrokke gedeelte moet voordra.

Wanneer die meisie reg antwoord en die Skrifgedeelte hierbo begin voordra, word sy deur haar emosies oorval. Sy stort haar diepste binneste voor God uit. Sy vergeet van alles rondom haar. Haar woorde is direk tot God gerig: Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde … U is bo almal verhewe. Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles.

Ná haar voordrag sê een van die beoordelaars: “Ons kan die Woord met ons intellek verstaan óf met ons hart aangryp. Jy het vir ons jou hart op die tafel gesit. Ons geloof in God bepaal ons optrede. Wanneer ons in Christus glo, wórd ons soos Hy. Ons hoef dit nie te probeer nie. Dit spoel van binne af buitentoe.”

Here, laat u Woord ook deur mý leef. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed