Boodskap vir Vandag

Search

Leer my u weë

Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë. Lei my deur u waarheid (Psalm 25:4-5).

Ons almal kom dikwels by kruispaaie waar ons moet kies – oor die aard of rigting van ons beroep, of oor woorde of optrede wat ʼn verskil kan maak. Noem maar op.

Die kuns is dan om te onderskei tussen die pad wat God vir jou in daardie opsig in die oog het – ʼn pad wat jou nader aan sy wil en aan jou bestemming en roeping as mens sal bring – en ʼn pad wat jou verder van albei sal wegneem.

Ignatius van Loyola, ʼn Katolieke geestelike en een van die belangrikste grondleggers van geestelike begeleiding, het hieroor belangrike insigte gehad.

Sy lewe lank het hy geglo dat God, behalwe deur die verhale van die Bybel en deur oorlewerings, ook deur ons gevoelens met ons praat – veral dié wat met ons liggaamlike toestand gepaardgaan. Hy stel dit soos volg:

“Your body knows things your conscious mind does not know yet. Its inner excitement or deep contentment confirm the rightness of a choice. Its disquiet, tension or inner groaning indicate the opposite.”

Natuurlik is ons gevoelens subjektief en daarom dikwels bedrieglik. Maar God stuur inderdaad dikwels belangrike seine en boodskappe deur ons gevoelens. Sodat wanneer ons bid: “Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë,” ons ook dááraan aandag sal moet gee.

Veral wanneer ons ander moet help en bystaan.

Here, leer my vandag weer u weë. Lei my in u waarheid. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.