Boodskap vir Vandag

Search

Leer my u weë

Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë. Lei my deur u waarheid (Psalm 25:4-5).

Ons almal kom dikwels by kruispaaie waar ons moet kies – oor die aard of rigting van ons beroep, of oor woorde of optrede wat ʼn verskil kan maak. Noem maar op.

Die kuns is dan om te onderskei tussen die pad wat God vir jou in daardie opsig in die oog het – ʼn pad wat jou nader aan sy wil en aan jou bestemming en roeping as mens sal bring – en ʼn pad wat jou verder van albei sal wegneem.

Ignatius van Loyola, ʼn Katolieke geestelike en een van die belangrikste grondleggers van geestelike begeleiding, het hieroor belangrike insigte gehad.

Sy lewe lank het hy geglo dat God, behalwe deur die verhale van die Bybel en deur oorlewerings, ook deur ons gevoelens met ons praat – veral dié wat met ons liggaamlike toestand gepaardgaan. Hy stel dit soos volg:

“Your body knows things your conscious mind does not know yet. Its inner excitement or deep contentment confirm the rightness of a choice. Its disquiet, tension or inner groaning indicate the opposite.”

Natuurlik is ons gevoelens subjektief en daarom dikwels bedrieglik. Maar God stuur inderdaad dikwels belangrike seine en boodskappe deur ons gevoelens. Sodat wanneer ons bid: “Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë,” ons ook dááraan aandag sal moet gee.

Veral wanneer ons ander moet help en bystaan.

Here, leer my vandag weer u weë. Lei my in u waarheid. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed