Here,
Ek kom in nederigheid voor U,
en erken my eie blindekolle en gebreke.
Here, neem my selfgesindheid weg,
en maak my leerbaar soos ‘n kind.
Laat U liefde en sagmoedigheid my lei,
sodat ek nie ander oordeel nie,
maar eerder U genade weerspieël.
Dankie dat U my Leermeester is,
en die enigste ware Alwetende.
Amen.