Boodskap vir Vandag

Search

Lewe? Lyk dit só?

Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop – Openbaring 3:1b-2a.

Die skrywer Ann Voskamp vertel hoe sy ná ’n nagmerrie waarin sy gedroom het sy lê in die hospitaal en hoor die nuus dat sy nog net ’n kort tydjie oor het om te lewe, met ’n kloppende hart wakker geskrik het. In haar droom het sy die verskrikking van hierdie tyding beleef. Die een oorweldigende gevoel wat sy ervaar het, was: Ek wil nie sterf nie. Ek wil lewe!

Sy het besef dat sy nooit werklik gelewe het nie. Sy het jare lank elke oggend wakker geword met die wens om eerder dood te wees. Sy is van kleins af geboelie en gespot. Haar ma was gereeld in ’n psigiatriese hospitaal en sy moes inspring en met die huishouding en haar pa se boerdery help. Daarby kon sy – as volwasse vrou en ma van ses kinders – steeds nie haar sussie se dood op vier jaar verwerk nie.

Sy het net in naam gelewe, maar haar gees was dood. Die nagmerrie het haar laat besef dat sy nie wil sterf nie. Sy wíl lewe. Die keuse was hare: Sy kan voortgaan om in die leë niks te lewe óf sy kan waarlik polsend lewe.

In Openbaring 3 word die gemeente van Sardis betig: “Word wakker!” Dit beteken hulle moet hul doodsheid erken en iets daaraan doen.

Ons het dieselfde keuse.

Here, U wil hê ek moet wakker skrik en regtig begin lewe. Help my. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed