Boodskap vir Vandag

Search

Lewe? Lyk dit só?

Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop – Openbaring 3:1b-2a.

Die skrywer Ann Voskamp vertel hoe sy ná ’n nagmerrie waarin sy gedroom het sy lê in die hospitaal en hoor die nuus dat sy nog net ’n kort tydjie oor het om te lewe, met ’n kloppende hart wakker geskrik het. In haar droom het sy die verskrikking van hierdie tyding beleef. Die een oorweldigende gevoel wat sy ervaar het, was: Ek wil nie sterf nie. Ek wil lewe!

Sy het besef dat sy nooit werklik gelewe het nie. Sy het jare lank elke oggend wakker geword met die wens om eerder dood te wees. Sy is van kleins af geboelie en gespot. Haar ma was gereeld in ’n psigiatriese hospitaal en sy moes inspring en met die huishouding en haar pa se boerdery help. Daarby kon sy – as volwasse vrou en ma van ses kinders – steeds nie haar sussie se dood op vier jaar verwerk nie.

Sy het net in naam gelewe, maar haar gees was dood. Die nagmerrie het haar laat besef dat sy nie wil sterf nie. Sy wíl lewe. Die keuse was hare: Sy kan voortgaan om in die leë niks te lewe óf sy kan waarlik polsend lewe.

In Openbaring 3 word die gemeente van Sardis betig: “Word wakker!” Dit beteken hulle moet hul doodsheid erken en iets daaraan doen.

Ons het dieselfde keuse.

Here, U wil hê ek moet wakker skrik en regtig begin lewe. Help my. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed