Boodskap vir Vandag

Search

Luister

Toe voeg Hy by: “Mensekind, laat al my woorde eers diep in jou eie hart ingaan. Luister eers sorgvuldig daarna. Gaan dan na jou volk wat in ballingskap is en sê vir hulle: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê.’ Doen dit of hulle na jou luister of nie.”

– Esegiël 3:10-13

 

Mense wat werklik kan luister na ander is ’n groot seën. Jy kan dadelik in iemand se oë sien of hulle regtig na jou luister en of hulle gedagtes elders is, of hulle eintlik net wag om self weer te kan praat.

 

Om regtig te luister is ’n gawe. As jy nie hierdie gawe het nie, kan jy dit ’n doelwit maak om dit aan te leer. Dit vra dat ons ons eie idees, raad en opinies doelbewus eers ’n rukkie opsy skuif en met onverdeelde aandag na die hart van ’n ander mens luister.

 

In die Skrifgedeelte hierbo wil die Here ’n boodskap by sy volk in ballingskap uitkry. Hy weet sy volk is te hardkoppig om na Hom te luister. Daarom stuur Hy vir Esegiël as sy boodskapper. Let op dat die Here sy boodskapper versoek om eers goed te luister en toe te laat dat die boodskap diep in sy eie hart insink voordat hy dit gaan oordra.

 

Baie mense is so gretig om boodskappers te wees dat hulle sommer die luister-deel skip. Dan gebeur dit dat teenstrydige boodskappe as die waarheid verkondig word.

 

Luister daarom in nederigheid na die kern van God se hart en laat dit lank en diep in jou hart insink voordat jy jou mond oopmaak.

 

Bruisgebed vir luister: Vader, help my om die gawe aan te leer om met onverdeelde aandag na U en ander mense te luister voordat ek praat. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

 

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed