Boodskap vir Vandag

Search

Maniere

Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om.

– Efesiërs 4:32

 

My ma is in Mei 2011 oorlede. Ek is haar ewig dankbaar dat sy soveel energie daarin belê het om goeie maniere by my en my suster vas te lê. Afgerondheid en goeie maniere is ’n kosbare belegging in enige kind.

 

Ek hoor steeds baie dae my ma se stem in my kop: “Sê altyd asseblief as iemand vir jou iets aanbied. Sê altyd dankie wanneer iemand jou iets gee of ’n guns bewys. Stuur ’n dankiekaartjie. Maak ’n oproep. Neem ’n geskenkie van waardering saam na mense wat jou

met gasvryheid behandel. Moenie net vat nie – leer ook om te gee.”

 

Ons is geleer om vriendelik te wees – nie net teenoor ons maats nie, maar ook teenoor hulle ouers. Ek onthou steeds die sin waarmee ek die Engelse ouers moes groet voordat ek kon huis toe gaan: “Thanks for having me over.”

 

Goeie maniere is ’n aanwins. Dit bou verhoudings. Dié dat ek goeie bed-side manners by my seun, Frankie, probeer indril het. Vandag is ek (en hy) dankbaar wanneer mense in die bedryf met groot lof van sy goeie maniere en kommunikasie-skills praat.

 

Ons land het ’n tekort aan afgeronde, goedgemanierde en vriendelike mense om verhoudings te bou. Ons as Christene word tot groter verantwoordelikheid geroep. Is jou bed-side manners bruistablette vir jou medemens? Of laat jou gebrek aan goeie maniere ’n smaak van bitter aalwyn agter? Dan is dit dalk tyd om by die Leermeester se Finishing School aan te klop.

 

Bruisgebed vir goeie maniere: Here Jesus, leer my om u goeie voorbeeld in my menseverhoudings te volg. Leer my om te gee en nie net te vat nie; leer my om ander te dien en nie net bedien te wil word nie. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed