Boodskap vir Vandag

Search

Meegevoel

Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom [of haar] wees?

– 1 Johannes 3:17

 

Hoe lyk jou gevoelswêreld? Gee jy werklik diep genoeg vir ander mense om om jou hand uit te steek en hulle te help?

 

Meegevoel is ’n aksiewoord. Jy kan dit nie fake nie. As jy werklik meegevoel en deernis in jou hart het, sal jy nie gevoelloos kan optree nie, maar jy sal aangespoor word om proaktief te reageer en uit te reik na dié mense op jou pad wat jy weet in ’n lydenstyd is.

 

Die Woord sê die liefde van die Here kan nie in jou hart wees as jy jou broer of suster of vriend of vriendin sien gebrek ly en jy net by hulle verbystap nie. Dit is sterk woorde. Die gebrek waarvan hierdie Bybelgedeelte praat, is nie altyd liggaamlike gebrek nie; dit kan ook

emosionele of geestelike gebrek wees. Die lys van mense by wie ons maklik verbystap, bevat nie net die name van die bedelaars op straat nie. Bejaardes raak vergete; weduwees word aan hulle eie lot oorgelaat; enkelma’s, siek mense, geskeide mense beland op die vergeet-hoop.

 

Die Here gee in sy Woord vir ons ’n duidelike barometer om die omgeeliefde in ons harte mee te toets. Hy gebruik meegevoel as die toets. Hoe lyk jou hart se lesing wanneer dit by meegevoel kom? Word jou hart diep geraak deur ’n vriend se lyding en spoor dit jou aan om

te help? Of maak jy net jammer-geluide soos “ag, shame”?

 

Jesus se lewe getuig van opregte meegevoel en deernis. Hierdie meegevoel het Hom gedring om te gaan staan en iets prakties te doen om mense se swaarkry te verlig. Hy vra dieselfde van sy kinders.

 

Bruisgebed vir medelye: Dankie, Here Jesus, vir die voorbeeld van meegevoel en deernis wat U vir ons gestel het. U opregte omgeeliefde spoor my aan om te gaan staan en iets prakties te doen om die swaarkry van ander mense te help verlig.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed