Boodskap vir Vandag

Search

Melk

Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes.

– 1 Petrus 2:1-2

 

Alle soogdiere wat kleintjies gaan kry, word toegerus met moedersmelk om hulle kleintjies te voed sodat hulle kan oorleef, groei en sterk word. Die ma hoef nie haar kleintjies te dwing om van die smaak van haar melk te hou nie. Hulle smag na hierdie voedsame moedersmelk

vanaf die oomblik dat hulle gebore word. Kyk maar net hoe gretig pasgebore hondjies aan hulle ma se spene suig, of ’n baba aan sy ma se bors. Ek self het dit weer beleef met die geboorte van my kleinseun. Die ou bekkie gaan die heeltyd oop op soek na melk. Te dierbaar!

 

Ons word in die Bybel aangemoedig om te groei tot volwassenes in die Here, om nie suigelinge in die geloof te bly nie. Ons kan egter nie geestelik groei sonder genoeg geestelike melk nie.

 

Daar is verskeie riglyne om geestelik volwasse in Christus te word. Dit vra nie net dat jy kerk toe gaan en die Woord lees voor jy gaan slaap om jou gewete te sus nie. Dit vra dat jy bewustelik ’n dieper honger na die Here se wil ontwikkel en sy Woord letterlik soos melk

indrink en gehoorsaam. Dit vra dat jy die sondige lekkernye en kos wat jou siel bederf, vermy.

 

As jy aanhou om ongesonde treats jou stapelkos te maak, sal jy geestelik onvolwasse bly en nie die heerlike rykdom ontvang wat daar in die Here se geestelike voedsel is nie.

 

Bruisgebed vir suigelinge: Vader, dankie vir die geestelike melk en voedsel in u Woord wat ons geestelik laat groei. Laat my elke dag daarna smag, soos ’n pasgebore baba na moedersmelk.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van wagtyd tot verwondering: Die grootste lesse wat infertiliteit ons geleer het
5 November 2026
KinderKersKous | Gee ’n kind die geskenk van ’n Bybelstorie
2 November 2026
KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 Oktober 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.