Boodskap vir Vandag

Search

Merkers langs die pad

Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank – Daniël 6:11.

Ons word nie vanself biddende ouers nie. Ons word dit deur ’n wilsbesluit en dissipline. Wanneer ons besef dat ons, asook ons kinders, armer sonder ons gebede is, moet dit ons aanspoor om biddend te leef. Met ons volgehoue gebede eer ons God en erken sy almag teenoor ons magteloosheid.

Indien ons ’n kaart van ons geestelike reis sou kon trek, sal ons oral by kruispaaie gebedsmerkers vind. Op ’n bepaalde tydstip kan ’n ouer se gebed ’n koersverandering in ’n kind se lewe bring. Jare later besef die kind: “O ja, dít was die keer toe my ma vir my gesê het: ‘Ek bid vir jou, my kind. Ek hou nie op nie.’”

Ons mag nooit die krag van ’n enkelgebed onderskat nie. Eendag sal ons dankie sê vir gebede waarop God “ja” geantwoord het. Ons sal ook dankie sê vir gebede waarop Hy “nee” gesê het, want ons sal die rede verstaan.

Daarom mag ons nie ligtelik vir ons kinders sê: “Ek bid vir jou,” nie. Om te bid is ’n gesprek met die heilige God. Dit is ’n gesprek wat lewens kan verander.

Here, help my om nooit te dink my klein gebedjie is kragteloos nie. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed