Boodskap vir Vandag

Search

Met God in die kelder

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle (1 Pet 5:7).

Daar is mense wat meen dat die Christelike geloof in ʼn hemelse Vader wat vir ons sorg en na ons gebede luister maar net ʼn projeksie van die menslike gees is, ʼn uitvloeisel van die menslike gemoed.

Hulle sê dit is wensdenkery. Omdat mense ʼn behoefte aan ʼn Vaderfiguur het, so word geredeneer, “skep” hulle iemand met wie hulle te eniger tyd en op enige plek kan praat. Een wat sterker as hulle is en alle probleme kan oplos waarmee mense nie raad weet nie.

Die mense sê ons is soos ʼn seuntjie wat met ʼn trap na ʼn donker kelder moet afklim en dan, om sy vrees vir die donkerte te verdryf, kamtig met “iemand” begin praat. Maar eintlik praat hy met homself.

Ons Vader is nié ʼn projeksie of ʼn selfgeskepte mensbeeld nie. Ons Vader het Hom van bo en van buite ons gees aan ons geopenbaar en Hy doen dit steeds deur sy Woord en Gees. Hy is ʼn “objektiewe” werklikheid.

Dat ons ʼn behoefte aan ons Vader het, is egter baie waar. Hy is sterker as ons. Hy kán probleme oplos wat ons moedeloos laat. Daarom sê die Skrif: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Pet 5:7). En: “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon” (Heb 11:6).

Ons kan maar met die Vader praat. Hy luister. Ook in die donker.

Vader, dankie dat die “Iemand” met wie ek in die keldertye van my lewe praat nie ʼn menslike uitdinksel of uitvindsel is nie, maar ʼn werklike, teenwoordige Persoon met ʼn hart wat klop – vir my; en ore wat luister – na my. Dankie, Here, dat U meer is: my Vader. Amen.

Johan Cilliers

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed