Boodskap vir Vandag

Search

Middelpunt van ons lewe

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag (Markus 12:30).

Dit was die teoloog, Dietrich Bonhoeffer, wat in sy tyd gewaarsku het dat as God nie ‘n werklikheid in die sentrum van ons lewe is nie, dan is God niks meer as ‘n afgod nie.

Dan word God alleen maar ‘n stoplap vir daardie leemtes wat ons kennis voorlopig nie kan vul of verklaar nie. Of ‘n noodgod wat alleen belangrik word wanneer ons besig is om te vergaan of te sterf.

En só ‘n God is op die lang duur niks werd nie.

Nee, die God van Jesus, só sou Bonhoeffer aanvoer, is die maker van ons lewe, die middelpunt van ons verlange, die bron en sentrum van alles wat ons aanpak en doen. Dié God is óns God van wie ons die geliefde kinders is, die skape van dié God se weiding en kudde, oor wie waggehou word en wat daagliks versorg word.

En daarom vra God onverdeelde trou, liefde en respek van ons. Vra God dat ons God se stem sal hoor, elke dag, sodat ons met blydskap en oorgawe daarop sal antwoord.

Dit is onder andere wat dit beteken om God met ons hele hart, siel, verstand en krag lief te hê.

O Here, help my om vandag U stem te hoor en U met oorgawe te volg en te bemin. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed