Boodskap vir Vandag

Search

My Vriend Jesus

Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het – Johannes 15:15b.

Jesus is die volmaakte vriend. Indien ons wil weet hoe vriendskap in die praktyk lyk, kan ons net na Hom kyk. Jesus het alles uitgeleef wat Salomo ons oor vriendskap leer.

André Oosthuizen, predikant van Universitasgemeente in Bloemfontein, sê in een van sy preke dat sosiale media soos Facebook, WhatsApp en Instagram ’n massiewe verskuiwing in ons verstaan van vriendskap gebring het.

“Vriendskap is verwater tot nuuskierigheid oor mekaar se lewe. Ons is nuuskierig oor wie waar is, wie wat gekry het en wie wat aanvang. Dan druk ons die ‘like’-knoppie of laat ’n kommentaar. Dit is dikwels die somtotaal van ons vriendskappe. Ons hou mekaar net dop.”

Oosthuizen sê indien Jesus vandag op aarde sou wees, baie mense sy profiel uit nuuskierigheid sou gevolg het. Hy sou baie “likes” gekry het, want Hy was ’n openbare figuur en het oral waar Hy gekom het, opspraak verwek.

Jesus was egter nie daarop uit om te sien hoeveel volgelinge en vriende Hy op sy “Facebookprofiel” het nie. Sy vriendskap op aarde was op ’n klein groepie mense toegespits. Hy het geweet dat vriendskap toewyding, tyd en gefokusde aandag verg.

Een van ons Afrikaanse spreekwoorde lui tereg: “Maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.”

Ons moet ons vriendskappe op Christus se voorbeeld skoei. Hy is die volmaakte Vriend.

En Hy nooi my uit om sy vriend te wees.

Here Jesus, dankie dat U my vriend wil wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed