Boodskap vir Vandag

Search

‘n Belangrike riglyn

Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder (Romeine 14:19).

Romeine 14:1-23 handel oor ‘n probleem wat nie onbekend is binne die gemeenskap van gelowiges nie.

Dit is dat daar meningsverskille kan ontstaan wat die onderlinge vrede en eenheid tussen gemeentelede kan versteur.

Die verskille in Rome het gedraai rondom ‘n verskeidenheid kwessies.

Onder andere was daar die viering van sommige dae as heilige dae (Rom 14:5), die beoordeling van sekere bediendes se werk (Rom 14:4). En dan die mees prominente en omstrede saak: die eet van seker kossoorte (Rom 14:2-3). Vir die meer konserwatiewe Joodse Christene was die vrye en ongeïnhibeerde wyse waarop die nuut bekeerde Christene uit die Griekse wêreld die vleis van sogenaamde onrein diere geëet het, ‘n aanstoot en ‘n bron van opbouende spanning.

Hoewel hierdie kwessies vir moderne mense soos ons vandag totaal vreemd en onbelangrik mag klink, is die wyse waarop Paulus die spanning tussen die onderskeie gemeentelede besweer het, tog rigtinggewend.

Want met groot oortuiging en helderte begin Paulus eenvoudig om die lede van die gemeente in Rome daaraan te herinner dat mense vir wie Christus gesterf het, mekaar nooit mag veroordeel of afskryf nie, maar moet aanvaar (Rom 14:1,13,15) – selfs wanneer hulle anders na sake kyk.

Hulle moet soos iemand dit mooi beskryf het “metgeselle op die pad van liefde bly”.

Natuurlik beteken dit nie dat daar nie ook ruimte gelaat moet word vir eerlike debat en selfs harde botsing nie. Dit is gesprekke waarin lede oop is om iets van mekaar te leer en ook nuwe keuses te maak. Maar – en dit is Paulus se punt – hierdie onderlinge gesprekke moet die opbou van en vrede in die gemeente help bevorder (Rom 14:19).

In dié dae waarin daar opnuut binne kerke oor uiters belangrike sake gepraat word, ook van belydenis, is hierdie riglyn van Paulus ‘n belangrike een om te volg.

Solank ons onthou dat die gemeenskap van gelowiges veel wyer strek as ons eie kerk- of kultuurgroep. Trouens, die bewaring en koestering van die eenheid van die groter familie is juis een van die groot uitdagings waarvoor die Belydenis van Belhar ons byvoorbeeld stel.

O Here, help ons om vandag fyn te luister na hulle wat van ons verskil. Help ons om hulle nie te gou te veroordeel nie, maar te bly aanvaar. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed