Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Derde oog

“Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie” (Lukas 12:24).

Dit klink na ʼn fabel en tog is dit waar.

ʼn Vrou vertel dit vir my met groot erns en verwondering. Hoe sy in ʼn tyd van nood gebid het dat God tog ʼn sigbare teken van sy teenwoordigheid en sorg aan haar sal stuur.

En toe gebeur dit …

Eers vlieg ʼn voëltjie haar woonstel onverwags binne, gaan sit reg voor haar … en verdwyn ná ʼn rukkie weer. ʼn Uur later, terwyl sy voor ʼn koffiewinkel in haar motor wag, hoor sy ʼn getik aan haar venster. Bang dat dit ʼn vreemdeling kan wees, kyk sy aanvanklik nie op nie. Totdat die getik aanhou en sy tot haar verbasing ontdek dat dit ʼn ander voëltjie is wat haar aandag vra.

Sy wys my die video op haar selfoon. Heel merkwaardig. Die voëltjie fladder met sy vlerke teen die ruit en kyk sonder ophou na haar, asof hy iets wil oordra.

Op pad na die middedorp ry ʼn motor met ʼn ongewone nommerplaat voor haar. Dit bevat die eienaardige letters LUK 12. Dit jaag haar Bybel toe, waar sy ons teks vir vandag ontdek. ʼn Teks wat haar herinner dat God wat vir die voëls sorg ons nog baie hoër ag. En vir ons sorg.

Toeval? Dit kan wees. Baie sal dit ook so sien. Maar vir hierdie vrou was dit die vrug van gebed en ʼn geloof wat elke dag soek om God se sorg in die mees alledaagse dinge te ontdek.

Sy noem dié geloofsoeke haar derde oog – ʼn oog wat ons almal volgens haar het, maar wat ons bitter min gebruik.

Here, dankie dat wanneer ons bid en opmerksaam leef U op onverwagte manier aan ons raak. Maak ons oë vandag weer daarvoor oop. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed