Boodskap vir Vandag

Search

‘n Dieper dors

Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” (Johannes 19:28).

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” (Johannes 19:30).

Waarom het Jesus aan ‘n kruis ‘n skandelike dood kom sterf, waarom sy lewe so vrywilliglik vir elkeen van ons kom aflê?

Volgens die Evangelie van Johannes het Jesus daarmee God se liefdeswil om mense van hulle diepste nood en angste te bevry kom uitvoer.

Sy laaste twee kruiswoorde maak dit duidelik.

Die eerste was toe Hy uitgeroep het: “Ek is dors.”

Hiermee, so voer geleerdes aan, het Hy nie net in die verskriklike uur van sy dood sy intense dors na water aangedui nie. Jesus het daarmee veral sy dieper behoefte verwoord om God se wil in hierdie uur van twyfel en angs deur te voer.

Vroeër reeds, so lees ons in Johannes 18:11, het Jesus laat blyk dat Hy die beker moes drink wat God die Vader aan Hom sal gee. En nou, wanneer Hy sy laaste asem uitblaas, kan Hy tereg uitroep: “Dit is volbring!” Oftewel:” Ek het die bittere beker van God geledig!”

Hopelik speur jy dit reeds hoe in hierdie twee kort kruiswoorde die lig van Paasfees, die lig van nuwe lewe en vryheid, reeds begin te skyn.

Want deur God se wil te volbring, het Jesus ook óns dieper nood en behoeftes, ja, ons diepste honger en dors in gedagte gehad.

En daar iets aan gedoen!

Here, dankie dat U dors was ter wille van ons, sodat ons diepste honger en dors ook vandag weer bevredig kan word. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed