Boodskap vir Vandag

Search

‘n Draer van hoop

Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys (Efesiërs 1:12).

Dit is duidelik dat die opstanding van Jesus ‘n vonk verskaf het wat die volgelinge van Jesus, ja, sy kerk, tot ‘n nuwe vorm van lewe geïnspireer het.

Ook tot ‘n vrymoediger getuienis aangemoedig het.

Ná Jesus se opstanding, so betoog die teoloog Emile Brunner, sou die kerk ‘n draer van hoop in ‘n wêreld vol doodloopstrate wees. Selfs terwyl die mens se bestaan nog ‘n doodsreuk gehad het, sou die kerk léwe verkondig.

En daar waar die dood steeds die agtergrondmusiek in almal se lewe is, en ons besef dat almal eendag sal doodgaan en elke rekening met dieselfde saldo sal sluit, sal die kerk steeds met hoop bly leef, omdat Hý nie langer in die graf is nie.

Trouens, die kerk se blywende versugting is en behoort, in die woorde van ‘n bekende gebed uit die Lutherse tradisie, altyd te wees:

“Merciful God of might, renew this weary world, heal the hurts of all your children, and bring about your peace for all in Christ, the living Lord.”

O barmhartige God, vernuwe vandag ons wêreld, heel almal wat stukkend is en gee tog vrede aan ons almal. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed