Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Gebed met slaaptyd

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my (Psalm 3:6).

Onlangs kom ek af op hierdie aangrypende aandgebed van die teoloog Dietrich Bonhoeffer.

Die feit dat hy dit destyds in die tronk gebid het, terwyl die skaduwees van dood en vernietiging oor hom geval het, maak hierdie gebed soveel meer besonders. Dit is inderdaad woorde waarmee ons vanaand kan gaan slaap.

Lees dit aandagtig deur en bid dit dan saam met hom in stilte.

Here, my God, ek dank U dat U nou hierdie dag tot ʼn einde gebring het. Ek dank U dat U my steeds na liggaam en gees u vrede skenk.

U hand was nog altyd oor my en het my tot dusver beskerm en bewaar. Vergewe vanaand opnuut my kleingeloof en die kwaad wat ek vandag gedoen het. En help my om hulle te vergewe wat my onbillik behandel.

Gun my ʼn stil nag se slaap onder u tere sorg. En bewaar my van alle donker versoekings. In u hande gee ek vanaand my geliefdes oor en almal wat saam met my verkeer. Ek gee my lewe aan u oor – Here, my God, mag u heilige Naam altyddeur geprys word.

Amen – mag dit so wees.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed