Boodskap vir Vandag

Search

’n Geskenk van Pa

Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie – Jakobus 1:17.

Een ysige winter bel ek my kinders in die Ceres-Karoo. Die sneeu lê diep en ek wil hoor hoe dit gaan.

Die vierjarige wat antwoord, lig my in oor alles wat in en om die huis gebeur. Pappa is terug van die werk af. Mamma versorg die nuwe baba.

“En raai wat, Ouma? Pappa het vir ons sneeu by die werk gekoop!” In my gedagtes sien ek hoe ’n pa skopgrawe vol sneeu in die vrugtekratte agterop sy bakkie skep om vir sy kinders te neem. Ek dink aan sy opgetoënheid by die gedagte aan sy kleuters se gesigte wanneer hy tuis kom. Hul eie-eie sneeu wat hul pa vir hulle “by die werk gekoop het”!

’n Pa hoef nie groot dinge te doen of baie geld uit te haal om sy kroos gelukkig te maak nie. Hy hoef maar net “Pa” te wees. ’n Pa wat die beste vir sy kinders wil hê. ’n Pa wat sy kinders wil sien lag en in sy arms opraap wanneer hy die voordeur saans oopmaak.

God is ons Pa. Soms vermaan of tug Hy ons, want Hy wil hê dat dit met ons goed gaan en ons oorvloed beleef. Niks verskaf Hom groter vreugde as wanneer sy kinders na Hom aangehardloop kom en Hy hulle in sy liefde kan toevou nie.

En dan verras Hy ons keer op keer met die goeie. Soos ’n pa wat sneeu van die werk af huis toe bring!

Here, dankie vir u sorg. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed