Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Lewende bewys

“… en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe” (Galasiërs 2:20).

Die opstanding van Jesus, soos ons oorvloedig in die Paastyd gehoor het, kondig die deurbraak en vooruitsig van nuwe lewe aan.

En dit nie net eendag ná ons liggaamlike dood nie – soos Paulus dit so troosvol toelig in 1 Korintiërs 15 – maar ook hiér en nóú, terwyl ons nog voluit in die aardse lewe staan.

Hoe dit kan gebeur, sien ons amper nêrens duideliker as in die lewe van die apostel Paulus nie. Die een oomblik, so hoor ons in Handelinge 8:1-3 en 9:1-2, jaag hy nog fanaties agter die eerste volgelinge van Christus aan om hulle te vervolg en uit te roei. En dan, op ʼn dag langs die pad na Damaskus, word hy onverwags deur die lewende Christus self voorgekeer (Hand 9:3 ev).

Weer eens, soos met Christus se opstanding, weet ons nie presies wat alles daar gebeur het nie, ondanks Paulus se veelvuldige getuienis hieroor. Ons was nie teenwoordig nie. Wat ons wel uit die verdere vertellings oor sy lewe weet, is dat dit ’n totale omkeer, ʼn radikale vernuwing in sy lewe gebring het.

Waar hy vroeër gedryf was deur ʼn eng en benepe liefde vir sy eie planne en skemas, is hy nou oorweldig en gedring deur ʼn groter liefde. Trouens, ná sy oomblik van inkeer is Paulus se lewe só gehaak aan en verstrengel met die lewende Christus dat hy in een stadium die ongelooflike kan uitroep: “Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my!”

Dit is presies wat gebeur wanneer die lewende Heer op jou lewe beslag lê. Soos Paulus, staan jy op en breek los uit ʼn lewe van selfsug en dood. Oornag kry jy ʼn nuwe status, ʼn nuwe naam, ʼn nuwe perspektief, ja, ook ʼn nuwe roeping. Jy begin jaag na hoër waardes en ideale as net jou selfgerigte ambisies. Jy word ʼn vrymoedige dienskneg van die lewende Christus.

Daar is min groter dinge wat met ʼn mens kan gebeur wat gelykertyd die werklikheid én die egtheid van Christus se opstanding só staaf.

Paulus se nuwe lewe is tog ʼn lewende bewys hiervan.

Here, ons almal verlang na ʼn vrugbare en sinvolle lewe. Keer ons vandag weer voor, raak ons só aan dat ons dit kan beleef. Amen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed