Boodskap vir Vandag

Search

’n Mens soos ek

“Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig” – Johannes 7:24.

Toe die ontdekkingsreisiger Edward John Eyre oor Australië se verlate Nullarborvlakte getrek het, was hy aanvanklik skrikkerig om die inheemse bevolking te nader. Maar hy het sy vrees opsy geskuif en toegelaat dat hulle hom leer hoe om water uit sandduine en bloekombome te kry. Eyre se lewe is gered omdat hy hul hulp aanvaar het.

Ons maak dikwels die fout om mense op die baadjie te takseer. Ons oordeel maklik en hang ’n bepaalde etiket om iemand se nek – sonder dat ons iets van die persoon weet.

In die rolprent Good Will Hunting is die hoofkarakter ’n skoonmaker by ’n universiteit. Weens sy persoonlike omstandighede het hy nooit die kans gekry om sy fenomenale wiskundige vermoëns te ontwikkel nie. Een middag los hy ’n baie ingewikkelde formule op wat nie een van die studente kon uitwerk nie, en wat die professor onvoltooid op die bord gelaat het. Natuurlik tot die sogenaamde “slim” studente se verleentheid!

Ons moet leer om met Christus se oë na ander te kyk. Sonder vooropgesette idees, oordeel of meerderwaardigheid. Ons moet die moontlikhede in iemand probeer raaksien, nie die mislukkings of misstappe nie. Ons moet genadig wees, soos wat Christus ons genadig is en bly glo in ons menswees.

’n Mens hoor gereeld van leiersfigure in die samelewing wat op skool gespot en selfs geboelie is. Maar dan hoor jy van iemand wat langs die pad in die persoon geglo het en hom of haar as’t ware uit die donkerte opgelig het.

Ons kan daardie “iemand” wees.

Here, ek wil met u oë na ander kyk. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed